News

Kom kyk saam voëls by Feathers se saamkuier

Feathers Voëlklub het Saterdag, 27 Mei by Flip en Esme van der Merwe op Paradys-kloof in die Vredefort Koepel gaan kuier om daar voëls te kyk. Daar is net 32 spesies aangeteken, maar dit was ‘n heerlike oggend in die veld wat afgesluit is met ‘n worsbraai wat saam met lekker pap en sous in …

Feathers Voëlklub het Saterdag, 27 Mei by Flip en Esme van der Merwe op Paradys-kloof in die Vredefort Koepel gaan kuier om daar voëls te kyk. Daar is net 32 spesies aangeteken, maar dit was ‘n heerlike oggend in die veld wat afgesluit is met ‘n worsbraai wat saam met lekker pap en sous in Flip-hulle se lapa afgesluit is.

Geen uitstappies word vir Junie en Julie gereël nie, maar Feathers se byeenkomste by die Sally Martin Park saal gaan voort. Die volgende geleentheid is Donderdagaand, 29 Junie om 18:30 waneer Fanie en Tertia Pretorius voëlfoto’s wat hulle onder andere in die omgewing van Ngwenya Lodge geneem het, sal deel. Alle belangstellendes is welkom by die geleentheid wat afgesluit sal word met ‘n koppie sop en brood. Bring jou beker saam as jy kom.

Gesellige saamkuier onder Paradyskloof se bome

Vir meer inligting oor Fea-thers kan Hansie Bekker (056) 811 4754 / 082 820 4306) en Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button