Sport

Skeidsregter-eer vir Parys-afrigter

Een van Hoërskool Parys se onderwysers sal in die komende week as skeidsregter op die veld wees by die Rhinoweek rugbywedstryde.

Een van Hoërskool Parys se rugby afrigters, Lucien van Zyl (jr.) het ‘n groot eer te beurt geval om gekies te word as skeidsregter vir die Rhino provinsiale rugbyweek wat van 5 tot 8 Julie in Vanderbijlpark gehou word.

Lucien is ook aangestel as skeidsregter vir eerste span klubwedstryde, en was hy reeds skeidsregter vir die wedstryd tussen die Meyerton en Nigel-rugbyklubs.

Hy het ook Sasolburg en Vaal University of Technology se eerste span wedstryd geblaas, en was een van die skeidsregters by die afgelope naweek se Valke Hoërskole semi-finaal ligawedstryde. By die semi-finaal het hy die wedstryd tussen Anker Skool en Edenvale Hoër geblaas, en is hy vandag, Donderdag, 22 Junie op Hoërskool Dr. Malan se rugbyveld vir die kwalifiserende wedstryd vir Noordvaal, wat tussen Overvaal en Stoffberg Hoër beslis word.

Lucien was vanjaar saam met Roan de Milander die afrigters van Parys se eerste rugbyspan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button