News

Verstandelik gestremde man steeds soek bykans ‘n jaar na sy verdwyning

Bedroefde familie het steeds geen antwoorde oor sy verdwyning nie.

‘n Verstandelik gestremde man van Carletonville word bykans n jaar na sy verdwyning steeds gesoek.

Frikkie Bester is die laaste keer  gesien op 28 Julie 2022 toe hy met sy fiets gery het sonder om vir sy familie te sê waarheen hy gaan. Sy familie vermoed dat hy moontlik nog ontsteld was oor die dood van sy ma en nie geweet het hoe om die situasie te hanteer nie.

Frikkie sou vandeesweek op 13 Junie sy 58ste verjaardag gevier het, berig die Carletonville Herald.

Sy hartseer familie se soektog na hom het tot dusver nog niks opgelwer nie en het die polisie die dossier in Desember verlede jaar gesluit.

Die familie het weer almal bedank wat reeds van tyd tot tyd na hulle uitgereik het met inligting wat moontlik kon help om Frikkie te vind.

Enigeen wat  steeds kan help met enige inligting wat sy bekommerde familie kan help om hom te vind, is  gevra om enige van die volgende nommers te skakel:

063 671 5351

064 948 6492

072 545 2192

082 495 2690.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button