News

Verstandelik gestremde man steeds soek bykans ‘n jaar na sy verdwyning

Bedroefde familie het steeds geen antwoorde oor sy verdwyning nie.

‘n Verstandelik gestremde man van Carletonville word bykans n jaar na sy verdwyning steeds gesoek.

Frikkie Bester is die laaste keer  gesien op 28 Julie 2022 toe hy met sy fiets gery het sonder om vir sy familie te sê waarheen hy gaan. Sy familie vermoed dat hy moontlik nog ontsteld was oor die dood van sy ma en nie geweet het hoe om die situasie te hanteer nie.

Frikkie sou vandeesweek op 13 Junie sy 58ste verjaardag gevier het, berig die Carletonville Herald.

Sy hartseer familie se soektog na hom het tot dusver nog niks opgelwer nie en het die polisie die dossier in Desember verlede jaar gesluit.

Die familie het weer almal bedank wat reeds van tyd tot tyd na hulle uitgereik het met inligting wat moontlik kon help om Frikkie te vind.

Enigeen wat  steeds kan help met enige inligting wat sy bekommerde familie kan help om hom te vind, is  gevra om enige van die volgende nommers te skakel:

063 671 5351

064 948 6492

072 545 2192

082 495 2690.

Related Articles

Back to top button