News

Munisipale skuld – doen betyds aansoek

Die munisipaliteit beplan ‘n omvattende oudit van kragmeters sodra die amnestieperiode verstryk het, en verbruikers wat na verstryking daarvan gevang word met ‘n gebrugde meter, kan streng optrede verwag

“Verbruikers wat nog gebruik wil maak van die Ngwathe Munisipaliteit se amnestievergunnings sal moet opskud” sê Vryheidsfront Plus rdl. Phillip van der Merwe. Daar geld tans twee tipes amnestie wat beide op
30 Junie 2023 verval.Die eerste behels die afskryf van 40% van agterstallige skuld indien die verbruiker die oorblywende 60% eenmalig betaal.

Aansoek vir die amnestie moet formeel gedoen word op ‘n voorgeskrewe vorm wat by munisipale kantore beskikbaar is.

Die tweede behels die vrystelling van boetes wanneer ‘n verbruiker met ‘n gebrugde meter self die meter rapporteer sodat dit vervang kan word. Aansoek moet ook formeel gedoen word op ‘n voorgeskrewe
vorm wat by munisipale kantore beskikbaar is.

Die munisipaliteit beplan ‘n omvattende oudit van kragmeters sodra die amnestieperiode verstryk het, en verbruikers wat na verstryking daarvan gevang word met ‘n gebrugde meter, kan streng optrede verwag, sê hy. Dit sluit die staking van elektrisiteitstoevoer in totdat alle skuld en boetes betaal is.

Rdl. Van der Merwe het verbruikers aangeraai om betyds aansoek te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button