‘Smarties’ al bly die land se ligte aan

Al het selfs die land se hoogste hof in Desember 2022 in verbruikers se guns beslis in die jarelange kragstryd tussen die Ngwathe munisipaliteit en Eskom, is dit steeds inwoners van Parys wat as pionne gebruik word in 'n skaakmat-skuif om die munisipaliteit te kry om sy verpligtinge teenoor Eskom na te kom.

Die implikasie is dat die dorp selfs met verminderde nasionale beurtkrag, sukkel om die ligte aan te hou omdat nog minder as die ooreengekome kragvoorsieningsperk nou aan die dorp voorsien word.

Eskom wil ook voortgaan met sy hersie- ningsaansoek om deur die hof regverdiging te kry vir sy standpunt oor die verhoging van die Aangemelde Maksimum Aanvraag (NMD) vir Ngwathe.

Wat Eskom van Ngwathe verwag is dat die munispaliteit eers sy kragnetwerk moet opgradeer alvorens die NMD wat verwys na die hoeveelheid krag wat Eskom verplig is om aan elk van Ngwathe se vyf dorpe te lewer, verhoog sal word. Om die kragnetwerk op te gradeer sal in die omgewing van R66 miljoen kos. Geld wat Ngwathe, wat al vir ‘n geruime tyd nie eens sy maandelikse verpligtinge teenoor die kragreus ten volle nakom nie, laat staan nog sy enorme agterstallige skuld betaal, beslis nie het nie.

Die NMD-perk is die laaste keer in September 2008 hersien, maar het die dorp en omliggende woongebiede sedertdien drasties uitgebrei en daarmee saam die vraag na krag.

Wat die bedrag vir die opgradering so hoog maak is dat verbruikersdepositos vir al vyf die Ngwathe dorpe by die koste van die opgradering ingereken word.

Alvorens die netwerk nie opgradeer word nie, sal die tweede transformator by die Eskom-substasie ook nie gekoppel word nie om oorlading van die netwerk te voorkom, en het Eskom vroeër al aangedui dat Ngwathe nie die kwotasie vir die opgradering aanvaar het nie.

Derhalwe sê Eskom word aanvaar dat die koppeling van die tweede transformator nie nodig is nie.
In effek beteken dit dat verbruikers in Parys nou sodra verbruik by 90% of te wel 18,9 MVA van die toegelate 21MVA kom, dikwels sonder waarskuwing rotasie munispale beurtkrag kry juis om skade aan die enkele gekoppelde 20MVA Eskom transformator te voorkom. Sou daar skade wees, is dit vir Ngwathe se rekening.

Solank Ngwathe dus nie kan doen wat Eskom van die munisipaliteit verwag nie, is daar geen ander keuse as die geforseerde munisipale beurtkrag nie, tensy daar weer by die howe om hulp aangeklop word soos wat die Vaal River Development Association (VRDA) in 2020 gedoen het toe ‘n dringende aansoek na die Hoë Hof gebring is om Eskom en Ngwathe te dwing om nie langer verbruikers op dié manier te straf nie.

Die NMD-kwessie was juis een van die twee argumente waarmee die VRDA na die hof gegaan het, en het die hof toe beslis dat Eskom nie kragvoorsiening aan die Ngwathe en Lekwa munispaliteite mag beperk nie, die tweede transformator in die Eskom-substasie in Parys herstel moes word, en Eskom dieselfde hoeveelheid krag aan Ngwathe moes voorsien as wat dit voor die beperking was wat tot die hofsaak aanleiding gegee het.

Die tammeletjie het gekom nadat Eskom wel die tweede 20MVA transformator herstel het, maar toe vervang het met ‘n 10MVA transformator. Dié is egter nie aan die netwerk gekoppel nie, omdat daar gewag word op Ngwathe se opgradering van sy kragnetwerk.

Sou die tweede transformator wel gekoppel word, sou dit beteken dat Parys sy toegelate 21MVA sou kry, hoewel nie genoeg vir die vraag wat gedurende die wintermaande wissel tussen 29 en 30 MVA.
In ‘n brief van Lou van Wyk Prokureurs die afgelope week is namens die Vaalriver Development Association weer verwys na die Desember 2022-uitspraak van die konstitusionele hof, en die kwessies wat aangespreek is in die oorspronklike dringende aansoek na die Hoë Hof.

In die brief word gesê dat hoewel uitspraak reeds deur die howe in die aangeleentheid gegee is, Eskom onversetlik is in sy siening oor die verouderde NMD, en selfs ‘onwettig’ die NMD luidens die skrywe verminder het na 20MVA.

Maar om die geldigheid van die vermin- dering van die vasgestelde NMD weer in die hof te toets, sal regskoste meebring, en word in die brief gevra vir finansiële steun om minstens ‘n gedeelte van die regskoste vir die saak te kan betaal

Intussen is wel met Eskom se prokureurs onderhandel om die kragreus te probeer kry om in te stem tot skikkingsonderhandelinge in beginsel.

Sou Eskom instem, sal die punte van bespreking dan deur beide partye ter tafel gelê word, het Lou van Wyk gesê
Hy sê om Eskom sover te kry om weer na die 21MVA terug te keer en hulle te oortuig om dit te verhoog na ‘n minimum van 30MVA, is die herstel en opgradering van die hoofskakelstasie met Eskom se transformator, waarvoor daar begroot is in die nuwe finansiële jaar ‘na ‘n aansoek van ons, en voorlegging deur ‘n elektriese konstruksie maatskapy’ noodsaaklik. Van Wyk sê verder in die skrywe die projek is reeds in sy be- planningsfase en dat meer inligting mettertyd deurgegee sal word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button