NewsNews

Jy’t nou minder tyd om jou kruisie te trek

Die Verkiesingskommissie (VK) het die stemure, wat volgens wetgewing (Munisipale Kieswet) strek vanaf 07:00 tot 21:00, verkort na 07:00 tot 19:00 vir die plaaslike verkiesing wat op 3 Augustus 2016 plaasvind.

Die Verkiesingskommissie (VK) het die stemure, wat volgens wetgewing (Munisipale Kieswet) strek vanaf 07:00 tot 21:00, verkort na 07:00 tot 19:00 vir die plaaslike verkiesing wat op 3 Augustus 2016 plaasvind.
Hoewel die Munisipale Kieswet in art. 45(1) bepaal die Verkiesingskommissie kan die stemure verander, bepaal artikel 45(2) dat die besluit bekend gemaak moet word deur genoegsame publisiteit waardeur kiesers behoorlik daarvan ingelig kan word. Dit is net logies dat daar ook goeie redes verskaf moet word hoekom die stemure verkort word.
“Tot op hede is daar nie werklik publisiteit gegee aan hierdie verandering nie en geen redes is bekend gemaak deur die Verkiesingskommissie vir sy besluit nie. Die verandering is nie eers op die Verkiesingskommissie se webtuiste aangebring nie. Die Vryheidsfront dring daarop aan dat die redes verskaf word en dat wye publisiteit hieraan gegee moet word,” sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus.
Groenewald sê volgens die Staatskoerant (10 Junie 2016, No. 40066) word bloot net aangedui dat die stemure verkort is, maar geen redes word verskaf nie. Die Verkiesingskommissie behoort ʼn intensiewe advertensieveldtog te voer om die publiek hiervan bewus te maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button