News

Bekende en geliefde loodgieter se dood laat ‘n groot leemte

Ons opregte medelye met die Hallaby-gesin en familie

Die dood van Willie Hallaby, een van Parys se bekendste en gerespekteerde loodgieters wat vir 34 jaar in die dorp gevestig was, is verlede week met groot hartseer in die gemeenskap ontvang. Willie is op 6 Junie oorlede. Hy was 63 jaar oud.

Willie is in Potchefstroom gebore waar hy ook gewoon het voordat hy na Parys verhuis het. Soos sy pa en broer het hy hom as loodgieter bekwaam by die Hartbeesfontein goudmyn.

In 1989 begin hy sy loodgieter onderneming in Parys wat hy oor jare opgebou het. Willie het nie net in Parys gewerk nie, maar oor die land heen, veral die afgelope twee jaar. Hy was juis besig met kontrakwerk in Louis Trichardt kort voor sy afsterwe.

Hy was ‘n man wat graag sy kennis en raad met ander gedeel het. Maar dit is veral sy saggeaarde hart wat die gemeenskap van Parys en sy familie sal onthou. Hy het nooit enigeen weggewys nie – of dit was om te help, of sommer net te gesels. Vir sy familie was hy hul ‘hero’. Iemand vir wie daar nie iets was soos ‘n onoplosbare probleem nie – hy sou ‘n oplossing kry.

Naas sy werk wat hy met die grootste passie en toewyding gedoen het, was pandjieswinkels vir hom ‘n groot liefde. Hy sou nie by een verbygaan nie – maak nie saak in watter dorp hy hom bevind het nie.
Hy was ook lief daarvoor om houtwerk te doen, en om laatmiddag nog gou ‘n rondte “Solitaire” te speel na ‘n lang dag.

Ook sy budgies wat hy geteël het, was vir hom baie na aan sy hart.

Willie word oorleef deur sy vrou, Nicolene, sy kinders Willem en Mariëtte, en skoonkinders Heike en Danie, kleinkinders Elleia en Nicholas ,asook sy ma Joey en broers Emile en André.

Willie en Nicolene was 39 jaar getroud.

Sy gedenkdiens sal op 24 Junie om 10:30 vanuit die Nederduitse Hervormde Kerk Moedergemeente in Potchefstroom gehou word.

Willie Hallaby Loodgieters en Hallaby’s Cash Plumbing sal voortgaan om hul kliënte van diens te wees, en bedank die familie elkeen wat hulle in hierdie hartseer tyd ondersteun het met woorde van bemoediging en medelye. Dit word opreg waardeer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button