Local news

Ora Basson het diep spore getrap in baie harte

Die kosbare herinneringe aan haar sal gekoester word deur haar kinders, kleinkinders en almal wat vir haar lief was.

Ora Basson, wat vir baie jare onder meer ‘n bekende gesig by Parys se DBV was, is op 5 Mei in die ouderdom van 88 jaar oorlede.

Sy het in Christiana in die destydse Wes-Transvaal grootgeword en gematrikuleer. In 1958 trou sy met Johann Basson, en is vyf kinders vir die egpaar gebore.

Sy spandeer die grootste deel van haar lewe op die familieplaas aan die Potchefstroom-kant van Parys waar sy self werk en bou aan die droom vir die plaas.

Met Johann se afsterwe in 1979 is sy alleen agtergelaat om haar vier seuns en dogter deur die skool en universiteit te sien.

Sy word ‘n bekende en geliefde gesig waar sy by dr. Theron & Van der Westhuizen gewerk het. Later het Parysenaars met haar kontak gehad as administratiewe bestuurder by Shoprite.

Na haar aftrede spandeer sy al haar tyd aan haar ander groot liefde – diere, veral honde, as vrywilliger by die plaaslike DBV.

Toe die ouderdom haar begin inhaal, het sy steeds daarvan gehou om die ander dames op kort ritte te neem om te gaan cuppachino drink. ‘n Getroue vierbeen metgesel altyd aan haar sy, wat net so deel was van haar lewe as haar kinders en kleinkinders.

Sy was ook ‘n besige ouma wat kleinkinders rondgery en opgepas het, en oral gehelp het waar sy kon. Haar kleinkinders het haar baie na aan die hart gelĂȘ.

Met haar groot hart en baie liefde en omgee het sy diep spore in baie mense se lewens getrap .

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button