Geliefde speurhoof se moordenaars vasgetrek

A.o Du Rand is koelbloedig vermoor toe hy ondersoek ingestel het na 'n gekaapte voertuig.

Binne 24 uur na die koelbloedige moord op die bevelvoerder van die Villiers speurtak, a.o. Neels du Rand, is twee mans deur die polisie in hegtenis geneem vir die moord.

A.o Du Rand wat ‘n uitnemende speurder was met 29 jaar diens aan die SAPD,  is doodgeskiet toe hy ondersoek ingestel het na die kaping van ‘n vragmotor op Vrydag 9 Junie in die vroeë oggendure

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, het vroeër gesê, die  47-jarige speur a.o Du Rand  het Vrydagoggend om 02:45  die Villiers-polisiestasie geskakel en vir bystand gevra. Hy het gesê dat hy op die spoor van ‘n gekaapte vragmotor was op ‘n grondpad tussen Villiers en Standerton.

Lede van die Villiers-polisiestasie het onmiddellik op sy oproep gerageer en onderweg gesien dat ‘n gedeelte van ‘n draadheining by ‘n plaas langs die pad geknip is. By nadere ondersoek is die Isuzu bakkie van a.o. Du Rand gesien. A.o Du Rand is in die voertuig gekry. Hy het vier skietwonde op sy rug gehad en is op die toneel dood verklaar.

Niks is uit die voertuig of by a.o Du Rand gesteel nie, het sers. Rani gesê.

Die gekaapte vragmotor is verlate sowat 8km daarvandaan in die rigting van Standerton gekry. Sers Rani het gesê dat voorlopige inligting daarop dui dat die gekaapte voertuig vergesel was van ‘n wit BMW voertuig met ‘n vals registrasie.

Die verdagtes wat in Gauteng in hegtenis geneem is, is vermoedelik lede van ‘n bende wat die vragmotor gekaap het.

Die polisie se waarnemende provinsiale kommissaris in die Vrystaat, majoor-generaal Len Singh, het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê dat dit hartseer is om ‘n polisielid met soveel ervaring te verloor. Hy het sy diepe meegevoel met sy gesin en familie betuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button