News

Polisielede se name bekendgemaak wat in ongeluk sterf

Die drie polisielede (twee mans en ‘n vrou) van Fochville wat vroeër vandeesweek   in ‘n motorongeluk op die N12 net buite Potchefstroom gesterf het, se name is bekendgemaak. Volgens polisiewoordvoerder kol. Adéle Myburg, was die oorledenes Sakhiwe Albert Mnende (33) wat 8 jaar diens gehad het, Ngwako Ronaldo Mohlopi (30), wat vier jaar diens gehad …

Die drie polisielede (twee mans en ‘n vrou) van Fochville wat vroeër vandeesweek   in ‘n motorongeluk op die N12 net buite Potchefstroom gesterf het, se name is bekendgemaak.

Volgens polisiewoordvoerder kol. Adéle Myburg, was die oorledenes Sakhiwe Albert Mnende (33) wat 8 jaar diens gehad het, Ngwako Ronaldo Mohlopi (30), wat vier jaar diens gehad het, en Mmamatlhomola Maria Mokoena (34) wat 7 jaar diens in die Suid-Afrikaans Polisie Diens gehad het.

Die ongeluk het Dinsdag 6 Junie omstreeks 16:30 gebeur toe die polisielede na Fochville onderweg was. Nog ‘n polisielid is ernstig in die ongeluk beseer.

Daar was geen ander voertuie in die botsing betrokke nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button