Local news

E.Coli ook in Mooirivier gekry, sê AfriForum

E.coli ook in Mooirivier gevind na watertoetse, sê AfriForum

AfriForum het op Donderdag 8 Junie  ‘n watermonster van die Mooirivier in Potchefstroom laat toets en sê die tak dat die monster getoon het dat daar wel E.coli en fekale kolivorme in die water teenwoordig is. Die toetse vir Cholera was egter negatief soos ook verlede week deur die JB Marks munisipaliteit aangedui is waaronder Potchefstroom val.

AfriForum sê in sy verklaring monsters is by drie verskillende plekke geneem  naamlik by Chris Hanistraat – waar ontdek is dat daar ’n pyp is wat rou riool direk in die spruit inpomp, Mooirivier wat onder deur die Mooirivier-winkelsentrum vloei en by Gimmies se Gat.

“Ons maan inwoners van Potchefstroom aan om nie water uit die rivier te gebruik nie en as dit noodsaaklik is, moet die water eers gekook word. Inwoners moet ook nie in die water swem nie. Verder is dit raadsaam om diere weg te hou van die rivier en spruite af,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier, na aanleiding van die toetsresultate.

Related Articles

Back to top button