News

Parys-tak gaan voort om slaggate op te vul

AfriForum se Parys-tak het op 3 Junie voortgegaan om slaggate op te vul as deel van die Ngwathe Gemeenskapsforum se projek om die dorp weer reg te ruk. Dié tak het 90 sakkies teer gebruik en ongeveer 60 slaggate opgevul. Strate waarop gefokus is, is die hoek van Paulsen- en Allemandstraat, die hoek van Lukwart- …

AfriForum se Parys-tak het op 3 Junie voortgegaan om slaggate op te vul as deel van die Ngwathe Gemeenskapsforum se projek om die dorp weer reg te ruk. Dié tak het 90 sakkies teer gebruik en ongeveer 60 slaggate opgevul. Strate waarop gefokus is, is die hoek van Paulsen- en Allemandstraat, die hoek van Lukwart- en Greenstraat, die hoek van Cilliers- en Vosstraat, en Kortstraat by die NG Kerk Parys-Wes.

Dié tak fokus op kleiner slaggate om te verhoed dat dit groter word. Daar is egter heelwat strate in Parys wat oorgebou sal moet word. Elke slaggat wat opgevul word maak wel ’n verskil en die gemeenskap is dankbaar daarvoor.

Werkers van die Parys-tak het ook weer met bossiekappers die ingang na die dorp skoongemaak.

“Dit is baie lekker om te sien dat die samewerking tussen inwoners reeds ’n merkbare verskil in Parys maak. Dit is vir my lekker dat AfriForum se Parys-tak deel van hierdie verskil is,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Volgens Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak, is baie dank aan elke inwoner verskuldig wat gehelp het, hetsy finansieel, deur hul tyd of kundigheid om die werk op ’n Saterdagoggend gedoen te kry. “Elke lid kan duidelik sien hoe hulle geld aangewend word en ek hoop dat die verskil ander inwoners sal aanspoor om aan te sluit. Ons dra by tot die positiewe verandering in ons dorp, maar ons kan nog meer vermag as almal aktief betrokke raak,” sluit Burger af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button