News

Getroud met Rugby se tannie Koekie kuier by Najaarsrus

Naas tannie Koekie se kwinkslae, sal Lizette Combrink as gaskunstenaar gehoor kan word.

Die gewilde tannie Koekie (aktrise Rina Nienaber) van die TV-sepie, Getroud met Rugby, kuier 24 Junie vanaf 09:30 by Najaarsrus wanneer fondse ingesamel word vir bejaardesorg deur Solidariteit Helpende Hand met ‘n Sprankel Wintertee wat die lagspiere gaan roer.

Die tema is, “Sit jou lag terug al is dit winter buite.”

Naas tannie Koekie se kwinkslae, sal Lizette Combrink as gaskunstenaar gehoor kan word. Lizette is ‘n Parysenaar en het met haar besondere stem en talent geen bekendstelling nodig nie. ‘n Verskeidenheid van sop en brood, en ‘n handgemaakte geskenkie wag vir elkeen wat die oggend bywoon en so ons bejaardes ondersteun teen R100 ‘n kaartjie.

Meer besonderhede en kaartjies kan by Matty Last 072 267 9758, of by Avbob Parys (056) 811 2542 gekry word.

Related Articles

Back to top button