News
Oud-Gimmie dankbaar dat hy leef na hy beide bene in ongeluk verloor
Daar is intussen ‘n fonds gestig om met sy mediese onkostes, terapie en prostese te help.
Die 18-jarige Edwin Nelson is dankbaar dat hy leef. Al moes albei sy bene onder die knie geamputeer word na die motorongeluk op die Parys/Potchefstroom-pad (53), is hy positief oor die toekoms, berig Wouter Pienaar vir die Potchefstroom Herald.
Daar is intussen ‘n fonds gestig om met sy mediese onkostes, terapie en prostese te help en is Edwin en sy familie baie dankbaar vir almal wat hom sedert die ongeluk ondersteun het.
Bankbesonderhede vir Edwin Nelson se fonds is as volg:
#EdwinNelsonFund
Auditor Managed Fund for Medical Treatment and Prosthesis
ABSA
Rekeningnommer: 9302266773
Takkode: 632005

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



