Ag nee sies!
Departement waterwese sou die Ngwathe munisipaliteit opdrag gegee het om die storting stop te sit, is verlede week in 'n verklaring deur die departement gesê

Meer as ‘n week nadat die oorloop van ‘n rioolmangat direk in die Vaalrivier deur AfriForum, Vaal Action Group en Save Ngwathe gerapporteer is, en verteenwoordigers van departement Waterwese en sanitasie die storting by die Sandgat in Rotarylaan, Parys ondersoek het. loop die mangat steeds oor.
Waterwese het in antwoord op die storting verlede week aangedui dat Ngwathe opdrag gegee sal word om die storting stop te sit, maar dié foto’s is gister, 2 Junie geneem waar duidelik gesien word hoe bloedwater van die mangat steeds in die rivier ingeloop het.. Die foto’s is Vrydagmiddag 2 Junie deur AfriForum geneem.
Gazette het in die verlede al telkens berig oor rioolstorting juis by dié mangat.



