NewsNews

Skoolkinders veilig na ongeluk

‘n Bus vol laerskoolkinders het vandag (21 Junie) omstreeks 15:00 teen ‘n advertensiebord op die hoeke van Chief Albert Luthuli en Govan Mbeki-rylaan vasgery.

‘n Bus vol laerskoolkinders het vandag (21 Junie) omstreeks 15:00 teen ‘n advertensiebord op die hoeke van Chief Albert Luthuli en Govan Mbeki-rylaan vasgery.

Volgens ‘n verklaring van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die bus op die eiland van die pad aangetref het. Daar was sowat 60 kinders in die bus gewees met ER24 se aankoms.

Volgens ooggetuies blyk dit dat die bus se remme glo probleme gegee het.

“Hy (die busbestuurder) het nie ‘n keuse gehad nie, as hy net aanhou ry het was hy in aankomende verkeer in. Hy moes uitswaai, dit is toe hy die paal tref,” het ‘n ooggetuie aan die Herald gesê.

Paramedici het bevind dat die kinders en bestuurder geen beserings opgedoen het nie. ‘n Ander bus het die kinders kom haal om hulle by die huis te kry.

Die polisie en Tlokwe verkeer was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button