Local news

Motoriste weer gewaarsku: Dié pad is onder water

Maak asseblief gebruik van alternatiewe roetes

Motoriste is weer ernstig gewaarsku dat die gedeelte van die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville (naby die silo’s net buite Viljoenskroon aan Botha-ville kant) gesluit is vir verkeer.
Die water van ‘n pan loop sterk oor die pad.

Nog ‘n vragmotor is Donderdag, 25 Mei hier in die water in.

Nooddienste kon daarin slaag om die vragmotorbestuurder en al die passasiers wat op die vragmotor was, veilig uit die water te kry.

Op 13 Mei het ‘n vragmotor ook in die water beland en omgeslaan. Die voorvalle wat aangemeld word is hoofsaaklik saans.

Hou asseblief ook in gedagte dat die Koppies/Parys-pad vanaf Koppies tot by die N1 gesluit was vir teerwerk. Die pad sal na verwagting eers einde volgende week weer oop wees vir verkeer.

 

Related Articles

Back to top button