News

Geliefde dokter se gedenkdiens Vrydag gehou

Talle pasiënte het in hul boodskappe van medelye hom as 'n omgeemens beskryf. Iemand wat sal onthou word vir sy deernis en sagte hart.

Die gedenkdiens van dr. André du Toit, geliefde algemene praktisyn van Vanderbijlpark sal môre, Vrydag 2 Junie om 09:00 vanuit die NG kerk Driehoek in Vanderbilpark gehou word.

Dr. André het die afgelope naweek aan ‘n bergfietsren in Clarens deelgeneem waar hy 4km voor die eindstreep inmekaar gesak en oorlede is. Hy was ‘n kranige sportman en het graag aan bergfietsrenne deelgeneem.

  • Ons innige medelye met sy familie.

Related Articles

Back to top button