Sport

Parys juig na Sandveld-liga oorwinning

Vir Parys was dit boonop die derde oorwinning in dié liga wat al die meeste deur die span van Hoopstad gewen is

Sjampanjeproppe het Donderdagaand 25 Mei knap voor 22:00 op Hoërskool Parys se rugbyveld geklap nadat Parys se dorpsrugbyspan op sy tuisveld gesorg het vir ‘n skitterende oorwinning met ‘n telling van 29-3 oor die span van Bothaville in die Sandveld liga-finaal. Beide die semi-finaal en finaal van die liga is vanjaar in Parys beslis.

Vir Parys se afrigters NJ Oosthuizen en Barend Wolmarans, en die span se ondersteuners wat in groot getalle die aand om die rugbyveld was, het die oorwinning die kroon gespan op ‘n baie suksesvolle seisoen vir die span wat net een vriendskaplike, en een ligawedstryd verloor het.

Vir Parys was dit boonop die derde oorwinning in dié liga wat al die meeste deur die span van Hoopstad gewen is.

Donderdagaand se puntemakers was Ruben Botes (2 drieë), Vali Waggins (1 drie), JF Oelofse (1 drie) en Wikus van der Westhuizen. Vali Wiggins is as beste voorspeler van die wedstryd aangewys, en JF Oelofse as beste agterspeler.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button