Sport

Parys juig na Sandveld-liga oorwinning

Vir Parys was dit boonop die derde oorwinning in dié liga wat al die meeste deur die span van Hoopstad gewen is

Sjampanjeproppe het Donderdagaand 25 Mei knap voor 22:00 op Hoërskool Parys se rugbyveld geklap nadat Parys se dorpsrugbyspan op sy tuisveld gesorg het vir ‘n skitterende oorwinning met ‘n telling van 29-3 oor die span van Bothaville in die Sandveld liga-finaal. Beide die semi-finaal en finaal van die liga is vanjaar in Parys beslis.

Vir Parys se afrigters NJ Oosthuizen en Barend Wolmarans, en die span se ondersteuners wat in groot getalle die aand om die rugbyveld was, het die oorwinning die kroon gespan op ‘n baie suksesvolle seisoen vir die span wat net een vriendskaplike, en een ligawedstryd verloor het.

Vir Parys was dit boonop die derde oorwinning in dié liga wat al die meeste deur die span van Hoopstad gewen is.

Donderdagaand se puntemakers was Ruben Botes (2 drieë), Vali Waggins (1 drie), JF Oelofse (1 drie) en Wikus van der Westhuizen. Vali Wiggins is as beste voorspeler van die wedstryd aangewys, en JF Oelofse as beste agterspeler.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button