AdvertorialLocal news

Outdoor X: More, 2 JUNIE begin dié reuse buitelug-ekspo!

Besoek die Facebook-blad  https://www.facebook.com/OutdoorXpo vir nog inligting oor dié plesierige fees! Die pen-ligging is https://bit.ly/3xYN3Nf

Buitelewe-geesdriftiges kan van 2 Junie 2023 af, wanneer vanjaar se Outdoor X by Hartsfeld Plaas in Midvaal begin, die grootste ekspo van sy soort in Suid-Afrika bywoon! Dit begin Vrydag 2 Junie en hou aan tot Sondag 4 Junie.
Met toegang van net net R120 vir volwassenes en R60 vir kinders van 6 tot 12 jaar is dit ‘n lekker bekostigbare fees vir die hele gesin. Kleingoed jonger as 6 kry gratis toegang.
Koop jou kaartjies vooraf aanlyn by https://outdoorx.co.za/buy-your-tickets/ en kry dit goedkoper as by die hekke!
Besoekers gaan vanjaar nie net honderde diensverskaffers se uitstallings in 12 verskillende buitelewe-kategorieë kan sien nie. Daar is ook iets vir die oor, met vrolike musiek wat elke dag deur bekende sterre soos Jan Jan Jan, Piet Pompies, Beeskraal, Sean Miles, RNK Band, Bad Peter, Fatman, Fritz Gunther, Bloumoord en die Wildberries verskaf gaan word. Kom sit terug, smul aan lekker kos en geniet iets te drinke terwyl jy na die musiek luister. Bring die hele gesin en onthou om lekker gemaklike skoene aan te trek om die pragplaas vol uitstallings plat te stap.

Daar sal hope vermaak vir die kleinspan wees, heerlike kos en drank, buitelewe voertuie, woonwaens, bote en ander toerusting wat jou kampvakansies onvergeetlik gaan  maak, sowel as opwindende nuutjies op die mark soos sonkragprodukte en vele meer wat jou asem gaan wegslaan. Moet hierdie ekspo nie misloop nie!
Besoek die Facebook-blad  https://www.facebook.com/OutdoorXpo vir nog inligting oor dié plesierige fees!
Die pen-ligging is https://bit.ly/3xYN3Nf

  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button