School

Erkenning vir Hoërskool Parys

Dr. Moletsi (die sirkelbe-stuurder van Sirkel 5) het die skool persoonlik besoek om sy gelukwense oor te dra en te groet

Tydens Fezile Dabi se Well done funksie vir skole se beheerliggame wat op 20 Mei in Kroonstad gehou is, het Parys Hoërskool nie minder nie as vyf toekennings verower.

Parys Hoërskool is vereer vir die volgende:
* Implementering van goeie finansiële bestuur
* Gesondheid, veiligheid en sekuriteit standaarde
* Uitstaande beleid vir skool funksionaliteit
* Onderhoud en infrastruktuur
* Uitnemende skoolbestuur

Hoërskool Parys se hoof en personeel met die toekennings wat die skool ontvang het.

Dr. Moletsi (die sirkelbe-stuurder van Sirkel 5) het die skool persoonlik besoek om sy gelukwense oor te dra en te groet. Dr. Moletsi tree in Junie vanjaar af na 41 jaar diens in die onderwys.

Hy was vir die laaste 10 jaar die bestuurder vir Sirkel 5 (skole in Parys en Vredefort). Parys Hoërskool bedank dr. Moletsi vir sy positiewe insette en ondersteuning oor die jare en wens hom ‘n vreugdevolle aftrede toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button