News

Parys Lisensiekantoor: Dit is nou die situasie

Daar is steeds geen aanduiding van wanneer die Parys Lisensie en Toetssentrum sal heropen nie. Geen dienste kan sedert 13 Maart vanjaar by die sentrum gelewer word nie, weens ‘n elektriese probleem, het Hilary Mophethe, van die department van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer se kommunikasie afdeling bevestig. Mophethe het vandag, Maandag 29 Mei, gesĂȘ dat …

Daar is steeds geen aanduiding van wanneer die Parys Lisensie en Toetssentrum sal heropen nie.

Geen dienste kan sedert 13 Maart vanjaar by die sentrum gelewer word nie, weens ‘n elektriese probleem, het Hilary Mophethe, van die department van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer se kommunikasie afdeling bevestig.

Mophethe het vandag, Maandag 29 Mei, gesĂȘ dat die dak, vloerteĂ«ls, plafonne en toilette tans herstel word, en dat ‘n elektrisiĂ«n verlede week  by die perseel was om ondersoek in te stel na die elektriese probleem. Sy sĂȘ die departement wag nog vir die verslag oor wat met die ondersoek gevind is.

Die sentrum was in die verlede ook vir maande gesluit weens ‘n elektriese probleem waarna dit deur ‘n private kontrakteur uiteindelik herstel en al die toerusting vervang is.

Kort nadat die sentrum in Maart vanjaar weens die elektriese probleem nie meer ‘n diens aan die publiek kon lewer nie, is van die rekenaars met die eNatis stelsel daarop, gesteel.

Intussen is Parysenaars genoodsaak om van die sentrum in naburige dorpe soos Koppies, Viljoenskroon, Vredefort en Sasolburg gebruik te maak.

Related Articles

Back to top button