Local news

Honderde onthou gevalle helde

Die Suid-Afrikaanse militêre veterane organisasie (SAMVO) het Sondag  (28 Mei) gasheer gespeel vir honderde veterane en hul familie en vriende tydens ’n gedenkdiens ter nagedagtenis aan dié wat hul lewens op die spel geplaas het vir Suid-Afrika

.

SAMVO hou gereeld gedenkdienste by die SANW-gedenkmuur by die Voortrekkermonument en vandag was een van die grootste byeenkomste hierdie jaar.

SAMVO en verskeie ander militêre veterane organisasies het Sondag weer voor die SA Weermag Muur van herinnering
saamgekom om met ’n kransleggingseremonie hulde te bring aan afgestorwe lede van die SANW.

Afgetrede genl.maj. Lawrence Smith, voorsitter van die Pro Patria Museum, het gesê hierdie is weer ’n geleentheid om hulde te bring aan die weermaghelde uit ons verlede en die familie wat hulle agtergelaat
het.

Die gedenkdiens is bygewoon deur politici en verskeie bekendes wat ook dié deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis wou kom gedenk.

Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane Metropool, het ook die geleentheid bygewoon en sê dit is belangrik om hulde te bring aan die helde uit ons verlede.

“Ek woon al vir jare hierdie gedenkdiens by en kom plaas ’n krans vir ons jong mans op die grens. Ek dink dit is baie belangrik, nie net om hulde te bring aan ons gevalle soldate nie, maar ook aan hul families wat vandag hier is om hul lewens te vier.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button