Local news

Motoriste ernstig gewaarsku: Dié pad is onder water

Motoriste word aangeraai om vooraf seker te maak van alternatiewe roetes. 

Motoriste is weer ernstig gewaarsku dat die gedeelte van die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville (naby die silo’s net buite Viljoenskroon aan Bothaville kant) gesluit is vir verkeer.

Die water van ‘n pan loop sterk oor die pad. Nog ‘n vragmotor is gisteraand (Donderdag 25 Mei) in die water in. Nooddienste kon daarin slaag om die vragmotor en passasiers wat op die vragmotor was veilig uit die water te kry. Insleepdienste het vanoggend begin met die groot taak om die vragmotor uit die water te sleep.

Minder as twee weke gelede is ‘n vragmotor ook in die water in op die gedeelte van die pad.

Daar sou vanoggend,Vrydag 26 Mei met die groot taak begin word om die vragmotor uit die water te sleep.

Hou asseblief ook ingedagte dat die Koppies/Parys-pad vanaf Koppies tot by die N1 steeds gesluit is vir teerwerk wat gedoen word. Die verwagting is dat die gedeelte van die pad pad waaraan gewerk word, volgende week  teen Donderdag/Vrydag (1 of moontlik 2 Junie) weer oop sal wees vir verkeer. Gebruik asseblief die N1 of R720 as alternatiewe roetes. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button