News

So word klinieke besteel

Benewens die enorme finansiële skade waarvoor nie begroot is nie, belemmer hierdie knaende diefstal en vandalisme diensle- wering by klinieke.

Verskeie klinieke in die Fezile Dabi-distrik het die afgelope tyd deurgeloop onder koperdiewe wat groot skade veroorsaak het.
Verlede Woensdag is van die koperpype by die splinternuwe gesondheidskliniek in Parys wat in 2022 geopen is, gesteel.
Die Donderdagaand was die diewe terug. Dié keer om die voordeur oop te forseer, maar het ‘n veiligheidshek toegang verhinder.

Die kliniek in Parys wat verlede jaar geopen is, het ook verlede week onder midadigers se hande deurgeloop.

By die Refengotso kliniek is Deneysville, moes pype al drie keer reg rondom die gebou vervang word na diefstal.
Die Sasolburg-kliniek het net die week tevore deurgeloop toe ‘n gedeelte van die elektriese omheining helder oordag geknip is, en gepeuter is met die seku- riteitskameras. Vier sonpanele is weggedra.
By die Harry Gwala-kliniek in Sasolburg is gedurende April twee keer ingebreek en van die komponente van die lugversor- gers gesteel.

Van die vensters by die Schonkenville-kliniek is einde Maart, en vroeg in April gebreek, terwyl kabels einde 2022 by die Tumahole kliniek weggedra is. Ook die Kroonstad-kliniek is al deur misdadigers geteiken.

Benewens die enorme finansiële skade waarvoor nie begroot is nie, belemmer hierdie knaende diefstal en vandalisme diensle- wering by klinieke.

In die groter Parys is daar naas die skade van misdaad, ook die uitdagings om klinieke te bedryf met gebrekkige watervoorsie- ning deur die Ngwathe munisipaliteit.

Groot getalle mense besoek daagliks klinieke, en sonder water is dit ‘n nagmerrie by ablusiegeriewe, en vir die skoonhou van fasiliteite.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button