NewsNews

Platteland toe nie só veilig, vertel vrou ná roof

’n Sakevrou van die dorp is Saterdagoggend in Nappy Lane in Dolfstraat, reg langs die poskantoor helder oordag deur twee mans oorval wat kwansuis kom navraag doen het oor doeke. Volgens die polisie is sy gegryp en op die grond gegooi waarna sy na ’n vertrek agter in die winkel gesleep en aangerand is. ’n Mans en dames ring sowel as nog ’n goue ring is van haar vingers afgeruk en kontant uit die winkel gevat.

’n Sakevrou van die dorp is Saterdagoggend in Nappy Lane in Dolfstraat, reg langs die poskantoor helder oordag deur twee mans oorval wat kwansuis kom navraag doen het oor doeke.
Volgens die polisie is sy gegryp en op die grond gegooi waarna sy na ’n  vertrek agter in die winkel gesleep en aangerand is. ’n Mans en dames ring sowel as nog ’n  goue ring is van haar vingers afgeruk en kontant uit die winkel gevat.
Die vrou moes doktersbehandeling kry en is erg getraumatiseer deur die voorval.
Die rowers was teen Gazette se druktyd steeds soek.
Maar dit was nie die enigste voorval waar ’n  sakeonderneming die afgelope week onder rowers deurgeloop het nie.
Hannelie Pretorius, bestuurder van Micro Parys, het Saterdagoggend skaars die winkel om 07:46 oopgesluit toe twee mans ná haar ongemerk die winkel ingekom en sy deur 1 van hulle met ’n  mes in die hand, gesê is om na die badkamer agter in die winkel te beweeg.
Sy is daar in die badkamer toegemaak terwyl die rowers kontant uit die winkel geneem en op die vlug geslaan het. Ook hulle is steeds soek.
Hannelie is nie beseer nie en vertel dat sy die woonstelbewoners in die gebou bo die winkel se aandag kon trek deur aan die badkamervenster te klop en hard te roep. Hulle het vir haar die deur kom oopmaak en kon sy die sekuriteitsmaatskappy se paniekknoppie aktiveer en die polisie van ’n  naburige gastehuis ontbied.
Ten spyte daarvan dat die polisie gou op die toneel was, is niemand in hegtenis geneem nie.
Hannelie is al verskeie kere in haar lewe beroof – die laaste keer in 2010 haar motor in Johannesburg. “Ek het toe gesê dis klaar en Parys toe getrek omdat ek gedink het dis veiliger in die platteland”. Maar misdaad is vandag ‘n realiteit in stede maar ook in die platteland.
Tog, ten spyte van die kommerwekkende hoë voorkoms van huisbrake, inbrake by besighede en motordiefstal tans in Parys, gebeur dit steeds dat mense hul huise se deure en vensters oop los. Selfs die gordyne is dikwels saans nog oop wat dit maklik maak om van buite te sien wat in die huis aangaan.
So vertel Hannelie dat Saterdag se voorval waarmee sy die traumas van vorige rooftogte weer van vooraf herleef het, haar net weer laat besef het hoe belangrik veiligheid te alle tye is.
Hoe belangrik dit is om onmiddellik jou onderneming se veiligheidshek te sluit wanneer jy binne is, jou sekuriteitskameras te alle tye geaktiveer te hou, bedag te wees op jou omgewing, nie ’n  voorspelbare patroon te hê nie, versigtig te wees met waar jy geld los, en om te alle tye sou jy enigiets verdags opmerk dit aan die polisie te rapporteer.
Toets gereeld jou paniekknoppie van jou sekuriteitsmaatskappy en hou ’n lys van noodnommers by jou telefoon. Onthou dat in ’n  trauma situasie is dit nie altyd moontlik om vinnig en helder te dink nie.
* Naas die naweek se twee voorvalle is daar ook Saterdagaand by Clicks ingebreek toe ’n  ruit stukkend gegooi en babadoeke gevat is.
* Woensdag 15 Junie is by Senwes se voerstore ingebreek en elektroniese toerusting uit die kantore gesteel.
* ’n  Dubbelkajuit Isuzu ouer model 2,8 diesel bakkie is Woensdag 15 Junie vroeg aand voor die Palm Gate Hotel gesteel. Die bakkie is ook nog soek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button