NewsNews

Haal jou plastiek, papier en blik uit jou vullissak en help só herwin

DA-raadslid Saal de Jager loods Donderdag 23 Junie ’n herwinningsprojek in ’n deel van Wyk 13 (wat nou Wyk 12 word).

DA-raadslid Saal de Jager loods Donderdag 23 Junie ’n herwinningsprojek in ’n  deel van Wyk 13 (wat nou Wyk 12 word).
Die projek behels dat inwoners hul herwinbare afval van hul gewone afval sal skei. Inwoners en ondernemings noordwes van Loopstraat, en noord van Waterstraat, tot by die rivier, is versoek om vanaf Donderdag hul herwinbare rommel apart uit te sit sê De Jager. Dit sluit bottels, blikke, plastiek, papier en karton in.
Herwinbare materiaal word bloot op die sypaadjie geplaas, net langs die swart sak met afval vir die stortingsterrein. “Herwinbare materiaal sal dan apart verwyder word deur hulle wat ’n  lewe maak van herwinbare materiaal, “ sê De Jager.
Nasionale wetgewing vereis dat munisipaliteite nou hul inwoners aanmoedig om hul herwinbare afval, huishoudelik sowel as industrieel, by oorsprong te skei van onherwinbare afval. “Maar Ngwathe munisipaliteit het nog niks probeer doen nie, “ sê DA-koukusleier Arnold Schoonwinkel. Dit ten spyte van verskeie pleidooie deur die DA, selfs verlede week weer by burgemeester Joey Mochela.”
Hy sê Parys se vyf DA-raadslede betreur dit dat Ngwathe munisipaliteit herwinning nie bevorder nie. “Wetgewing vereis dit, ons stortingsterrein is reeds oorvol, herwinning is goed vir die omgewing, en dit bevorder werkskepping en welvaart, ” verklaar hulle. “Die inisiatief sal weekliks uitbrei, totdat die munisipaliteit daarby inval.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button