Local news

AFRIFORUM WAARSKU AL LANK OOR WATERKWALITEIT

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag, Woensdag 24 Mei, in ‘n verklaring gesê hy is nie verbaas oor die huidige cholera-uitbreking in Gauteng en die Vrystaat nie. Dié organisasie sê hy is al etlike jare besig met verskeie hofaansoeke en strategieë oor die kwaliteit van water in die land en die gebrekkige rioolstelsel wat daartoe bydra. …

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag, Woensdag 24 Mei, in ‘n verklaring gesê hy is nie verbaas oor die huidige cholera-uitbreking in Gauteng en die Vrystaat nie. Dié organisasie sê hy is al etlike jare besig met verskeie hofaansoeke en strategieë oor die kwaliteit van water in die land en die gebrekkige rioolstelsel wat daartoe bydra.

AfriForum het al drie verskillende hofaansoeke in Parys gedryf omdat die water volgens die organisasie ongeskik is vir menslike gebruik. Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) en die munisipaliteit is dus die afgelope drie jaar reeds bewus van hierdie kwessie, maar is nie bereid om dit op te los nie. “Die DWS het in samewerking met die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) in hierdie dorp toegetree, maar is onwillig om die probleem te takel. Dít nadat AfriForum al in 2020 ’n werkbare plan verskaf het om die waterwerke weer op standaard te kry.” lees die verklaring.

AfriForum sê verder Hammanskraal naby Pretoria gaan nou gebuk onder ’n cholera-uitbreking. “AfriForum dryf al sedert 2011 ’n hofsaak teen die Tshwane-metro omdat die Rooiwal-rioolwerke grotendeels wanfunksioneel is en die Apiesrivier besoedel. Dié rivier vloei verby die Temba-watersuiweringsaanleg, wat die Hammanskraal-gemeenskap van water voorsien.”

“Die groot probleem is die DWS se onvermoë om op te tree. Hulle is van mening dat die munisipaliteit nog ’n kans gegun moet word of dat Cogta verantwoordelikheid moet aanvaar. Ongelukkig is die verskillende regeringsfere en departemente te bang om met mekaar te verskil,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

“Die DWS is ook nie konsekwent in sy optrede en besluitneming nie. Terwyl dié departement die een dorp se waterkrisis probeer oplos, wil hy ’n ander dorp se waterkrisis in die hof beveg. Dit is duidelik dat ’n politieke agenda daaragter skuil.”

AfriForum het gemeenskapslede wat vermoed dat die water in hul betrokke dorp besmet is,  aangemoedig om die organisasie te kontak om die nodige toetse te doen om te verseker dat die water op standaard is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button