NewsNews

Plek van veiligheid vir weggooi babas

Die afgelope naweek het Vaaldriehoekse inwoners weer die hartseer beleef van 'n baba wat in 'n vullisdrom weggegooi is. 'n Storie wat in soveel plekke daagliks in ons land afspeel. Sommige met tragiese gevolge soos die baba wat die afgelope naweek in die Vaaldriehoek gekry is.

Die afgelope naweek het Vaaldriehoekse inwoners weer die hartseer beleef van ‘n baba wat in ‘n vullisdrom weggegooi is. ‘n Storie wat in soveel plekke daagliks in ons land afspeel. Sommige met tragiese gevolge soos die baba wat die afgelope naweek in die Vaaldriehoek gekry is.

Maar hierbenewens is min van ons ook bewus van die nood ook hier plaaslik met mishandelde en verwaarloosde vroue en kinders, en kinders wat slagoffers is van huishoudelike geweld. Waar gaan hierdie slagoffers heen en waar sal hulle veilig wees? Waar kan daar vir hierdie kinders in ’n rustige omgewing troos te midde van trauma gebied word? Hartseer voorvalle wat meestal na-ure en oor naweke plaasvind.
Dit is die worstelende vrae van polisielede en maatskaplike werkers wat maar van die rolspelers in hierdie proses is om hulp te verleen in gevalle van geweld, verwaarlosing, mishandeling en kinders wat weggegooi word.
Nou is daar hoop nadat die nood deur Colin en Sonja Viljoen raakgesien is en die Emunah Foundation hier in Parys gestig is om die probleem aan te spreek in samewerking met die Hope Again Foundation.
Die Emunah Foundation is gestig met 2 doelstellings voor oë. Eerstens om ’n plek van veiligheid vir mishandelde en verwaarloosde kinders daar te stel, sowel as vir vroue wat slagoffers is van huishoudelike geweld. En tweedens die “Emunah Wall of Life” projek  om aborsies en pasgeborenes wat agtergelaat word op plekke soos vullishope, in toilette ensovoorts, te help voorkom. Die “Wall of Life” is reeds in plek te Schilbachstraat 81.
Die Wall of Life projek is aanvanklik deur polisielid Michelle Stephenson van Vanderbijlpark begin met die Jessica’s Wall of Life projek. Sy is in 2006 as polisielid uitgeroep na ’n vullishoop waar sy gekonfronteer is met die harde werklikheid van ’n baba wat weggegooi is op die vullishoop. Met soveel deernis het sy die babalykie uitgehaal, en toegesien dat sy met waardigheid begrawe is soos haar eie kind. Daar het die gedagte posgevat om seker te maak dat elke baba eerder die kans op lewe sou hê as ’n aborsie of om weggegooi te word deur ’n ma wat moontlik voel dat sy geen ander opsie het nie.
Twee jaar later, in 2008, is Jessica’s Wall of Life in Vanderbijlpark opgerig en twee jaar later het sy die eerste oproep van die hospitaal gekry van ’n baba wat hier geplaas is. Die Wall of Life is ’n “kluis” met ’n voor- en agterdeur. Sodra die voordeur oopgemaak word om die baba in die kluis te plaas, gaan ’n alarm af by die hospitaal of plek waar die muur is, sodat daar dadelik aan die baba aandag gegee kan word. Ultra-violet ligte binne die kluis maak seker dat die temperatuur gunstig is vir die baba. Die baba word dan deur versorgers soos Michelle en haar dogter, of in hierdie geval deur Sonja versorg, totdat ’n geskikte tuiste gekry kan word deur die regte kanale te volg.  Mense wat meer inligting oor die Emunah projek in Paryswil hê of graag ’n bydrae wil maak, is welkom om Sonja by 083 696 7410 of Colin by 072 223 7583 te skakel of e-pos te stuur na emunahparys@gmail.com

Related Articles

Back to top button