Drie van Parys genooi na proewe vir NW Senior provinsiale spanne
Parys-rolbalklub se Raymond Loubser het Saterdag tot die halfeind van die Noordwes Rolbal mans enkelspelkampioenskap gevorder met ’n oorwinning in die kwartfinaal oor Klerksdorp se Pikkie Loots.
Parys-rolbalklub se Raymond Loubser het Saterdag tot die halfeind van die Noordwes Rolbal mans enkelspelkampioenskap gevorder met ’n oorwinning in die kwartfinaal oor Klerksdorp se Pikkie Loots.
Hy moes egter in die halfeind die knie buig voor Gerrit van Rensburg van Potchefstroom-rolbalklub.
Die finaal was tussen Van Rensburg en sy klubmaat, die Proteaspeler, Pierre Breitenbach. Breitenbach het die kampioenskap gewen.
Gesina Kritzinger van Parys is in die vroue afdeling in die kwartfinaal deur die uiteindelike kampioenskapswenner, Helen Jansen van Strathvaal, uitgeskakel. Jansen het in die eindstryd gewen teen Klerksdorp se Jillian Booth.
*Raymond Loubser, Lazuya Serfontein en Emmie Pelser is nou genooi na die proewe vir die saamstel van die Noordwes Senior provinsiale spanne. Dit vind op 9 en 10 Julie by die Potchefstroom klub plaas.