Local news

Jong entrepreneurs ding mee in ‘Maak my ‘n miljoenêr-kompetisie’

In uitdagende ekonomiese tye moet jy op jou voete kan dink vir vindingryke. geldmaakplanne. Albert van Wyk, eiendomsbelegger, entrepreneur en skrywer van die topverkoper boek, “How to become a Millionaire at 22”, het vroeër vanjaar ‘n draai by Hoërskool Parys gemaak, waar hy sy lewensverhaal kom deel het, en leerders aangemoedig het om entrepreneurs te …

In uitdagende ekonomiese tye moet jy op jou voete kan dink vir vindingryke. geldmaakplanne. Albert van Wyk, eiendomsbelegger, entrepreneur en skrywer van die topverkoper boek, “How to become a Millionaire at 22”, het vroeër vanjaar ‘n draai by Hoërskool Parys gemaak, waar hy sy lewensverhaal kom deel het, en leerders aangemoedig het om entrepreneurs te word.

Die 30-jarige Albert het reeds op 22 sy eerste miljoen gemaak.

Leerders wat hul eie besighede bedryf, kon vir die ‘Maak my ‘n miljoenêr’ Entrepreneur van die Jaar kompetisie inskryf – ‘n inisiatief wat Albert in samewerking met die ATKV en Afrikaansdotcom aanbied. Die doel is om entrepreneurskap in die land te
bevorder, en jong entrepreneurs mentorskap en leiding deur homself en ander entrepreneurs te bied.

Vier van die skool se jong entrepreneurs is nou deel van die top 50 van ‘Maak my ‘n miljoenêr’ entrepreneurs in vanjaar se
kompetisie.

Megan Daniel, Precious Serekwane, Nic Foley en Willem Viviers moes hul besighede bemark om te kon deel wees van die top
50 entrepreneurs Die eerste werkswinkel is reeds Saterdag, 29 April in Pretoria gehou, en die volgende rondte is 27 Mei.

Parys hou styf duim vas vir hierdie jong entrepreneurs vir komende Saterdag

Megan Daniel, Precious Serekwane, Nic Foley en Willem Viviers sal nou aan die volgende ‘Maak my ‘n miljoenêr’ werkswinkel op 27 Mei deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button