Vyf stoeiers van Parys kon op 6 Mei daarin slaag om vier goue medaljes en ‘n silwermedalje huis toe te bring na afloop
van die Noordwes stoeikampioenskappe.
Reuben de Jager, Lumé van Rooyen, Clem Frizado en Wuhan Maré het almal goud verower, terwyl Luan Cook silwer
verwerf het by dié provinsiale kragmeting in Klerksdorp.
Die stoeiers leer ook by mekaar en rig Wuhan vir Luan af, terwyl Lumé vir Reuben touwys maak.
Die Vrystaat ope stoei-kampioenskappe word op 20 Mei in Menlyn, Pretoria, aangebied, en sal Wuhan en Lumé op 24 Junie aan die SA kampioenskappe in Stellenbosch deelneem.
Dan is daar ook die Winter ope-stoeikampioenskappe wat op 3 Junie voorlê vir stoeiers van die Dome Wrestling-klub.
You can read the full story on our App. Download it here.