Local news

Verdrinking: Twee kinders se liggame opgespoor

Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat die liggame van die twee kinders opgespoor is maar dat polisieduikers steeds na die man se liggaam soek.

Die twee kinders wat in ‘n dam verlede Saterdag (13 Mei) verdrink het se liggame is gevind.

NW polisieduikers het verlede week op die toneel van die verdrinking, ongeveer 20km buite Potchefstroom na die liggame van ‘n man en twee kinders gesoek. Die dam is op die Potchefstroom pad in die rigting van Vanderbiljpark. Dit is omtrent so 4 kilometer na die afdraai op die Potchefstroompad vanaf die R53 (Paryspad).

Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat die liggame van die twee kinders opgespoor is maar dat polisieduikers steeds na die man se liggaam soek.

“Die eerste kind is laat Donderdagmiddag gevind en op Vrydagoggend is die ander seuntjie ook op die toneel van die verdrinking gevind,” het Myburgh genoem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button