News

Hekelpenne wikkel by Anna Patat vir 30 uur marathon

Dink net watter verskil kan jy maak want met tien 100g 'Charity Double Knit bolle wol, kan jy vir iemand 'n kombers maak. Of dink so daaraan – elke 36 blokke wat jy hekel maak 1 kombers.

As marathon hardloop nie jou ding is nie, maar jy kan hekel, is hier ‘n marathon-uitdaging vir jou! Jou hekelpenne kan ‘n verskil maak vir iemand om nie hierdie winter koud te slaap nie. Maak nie saak waar jy is nie – tel op jou hekelpen en bring jou wol, want 26 en 27 Mei gaan die hekelnaalde regoor die land behoorlik wikkel vir 30 ure aaneen vir die ATKV se 30 Ure Safari hekel-marathon. Met dié marathon word komberse vir bejaardes en kinders in kinderhuise gemaak.

Regoor die land sal daar Vrydagmiddag, 26 Mei om 12:00 begin word met die ma- rathon, en sal die hekelpenne bly wikkel tot Saterdag, 27 Mei om 18:00.

Anna Patat in Parys se hoofstraat is een van net ses dorpe in die Vrystaat wat geïdentifiseer is, en waar die slaapsakke oopgerol gaan word om te hekel vir ‘n vale.

Jy kan kom hekel op dié twee dae, of as jy nie kan hekel nie – borg ‘n ouma of iemand wat jy ken wat dit geniet om te hekel.

Skenkings van ‘double knit’ wol en nr. 4 naalde is ook baie welkom as bydrae tot die projek. Jy kan ook solank blokke van 20cm x 20cm by jou huis hekel of brei, enige patroon (granny blokkies, corner to corner, ens.) solank dit so na as moontlik aan 20cm x 20cm is), en dit dan afgee by Anna Patat.
Nooi sommer nou reeds almal wat jy ken wat kan hekel, of kom help op die marathon-dae om die blokke aanmekaar te werk.

Die projek is die inisiatief van die ATKV Arendsnes-tak in samewerking met die Maak ‘n Verskil groep.

Meer inligting oor die projek is by Anna Patat beskikbaar (WhatsApp 072 152 0839), Monique by 082 682 6964, of Leandra by 082 451 4548.
Hou ook die Arendsnes ATKV-tak se Facebookblad dop vir foto’s wat gereeld hier gelaai word. Die skakel vir die blad is https://www.facebook.com/ArendsnesATKV/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button