Voëls deur die kameralens vasgevang
Saterdag, 27 Mei sal die voëlklub besoek aflê by Paradyskloof in die Vredefort Koepel.

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms is Donderdagaand, 25 Mei om 18:30 by Sally Martin Park se saal. Alle belangstellendes is welkom om te kom luister as Ronnie Irlam kom gesels oor die voëls wat deur sy kameralens vasgevang is.
Die tema vir sy praatjie is ‘Ronnie’s recent bird sightings’. Aan die einde van April het die klub Elgro River Lodge besoek waar die 31 voëlkykers die plaas tydens wildritte deurkruis het op soek na voëls. Natuurlik is die wild en die natuur ook baie geniet.
Daar is 54 voëlspesies aangeteken, insluitend ‘n groot aantal wat nog nie op die Elgro-lys was nie.
Saterdag, 27 Mei sal die voëlklub besoek aflê by Paradyskloof in die Vredefort Koepel. Belangstellendes sal om 06:30 vanaf Pick n Pay se parkeerterrein vertrek. Al wat jy nodig het is ‘n piekniekmandjie, verkyker en ‘n stoel. Daar sal geen uitstappies in Junie en Julie wees nie.

Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306 geskakel word, of Peter Killian by 083 625 8100.



