News

Gedenkdiens vir oudburgemeester en prokureur dié week gehou

Ons innige medelye met die familie

Die gedenkdiens van Gideon Mandelstam, bekende en geliefde prokureur en oudburgemeester van Parys, sal op Vrydag 19 Mei om 14:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos gehou word. Gideon (alom bekend as Bome), is Donderdag 11 Mei aan kanker oorlede. Hy was 74 jaar oud.

Gideon was sedert 1976 in Parys gevestig waar hy baie diep spore getrap het. In 1992 beklee hy die amp as onderburgemeester, en word hy net ‘n jaar later in 1993, burgemeester van Parys. Hy het vir baie jare op die munisipale raad gedien, en was ook president van die Parys Rotaryklub in 1979.

Gideon is gebore in Smithfield en was in Grey Kollege op skool. Na skool studeer hy regte aan Kovsies, en sluit hy in 1976 aan by die prokureursfirma De Villliers & Joynt in Parys. Later het die praktyk naam verander en staan sedertdien bekend as Du Toit Mandelstam Prokureurs.
Gideon was ‘n stigterslid van die Parys-muurbalklub, en was vir jare betrokke by die Buiteklub.

Gideon Mandelstam

Hy was lief vir ‘vuur kyk’ in die bos en diepsee hengel, maar sy grootste passie was die hof.

Gideon sal in liefdevolle herinnering onthou word deur sy vrou, Carina, en seuns Peter en Johandré, sy kinders Julian, Emile, Nicole en Adri, skoondogters Nicolette en Gail, en skoonseuns Nick en Marinus, kleinkinders Julian, Ilanya, Boobles (Kyla), Ava, Ethan, Anakin, Domini, MJ en Jade.

 

Related Articles

Back to top button