Wintertyd is sterrekyk-tyd
Die naweek is die eerste sterrekyk-uitstappie in die hart van die Vredefort Koepel

Komende Saterdag 20 Mei, vind die eerste sterrekykuitstappie van die seisoen by die Deelfontein sterrewag in die Vredefort Koepel plaas. Die aanbieder is Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika. Die aanbieding begin Saterdagaand 20 Mei om 19:00, en eindig gewoonlik tussen 21:00 en 22:00. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mus.
Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Padaanwysings na Deelfontein en kostes is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps.
Die rit vanaf Parys na Deelfontein duur ongeveer 25 minute, en van Potchefstroom af 50 minute. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of [email protected]. Indien bewolkte weer dreig, sal ´n aankondiging of die uitstappie voortgaan op Deelfontein se webwerf gepubliseer word.



