News

Gesin verloor alles in brand

Hulle het al hul kruideniersware, klere, linne en meubels verloor.

‘n Gesin van Parys het vroeër die week groot trauma beleef na ‘n brand in hul huis wat alles in die kombuis, slaapkamer en sitkamer verwoes het. Hulle het naas hul meubels onder meer al hul kruideniersware, linne en klere verloor.

Die gesin het ‘n leerder in Hoërskool Parys en twee leerders in Parys Primêre skool.

As jy dalk kan help met

  • klere vir ‘n seun grootte 7-8 jaar,
  • klere vir ‘n 12-jarige dogter grootte 11-12 jaar,
  • seunsklere grootte small
  • damesklere grootte large/xl

 

  • Bydraes kan by die kantoor van Hoërskool Parys afgegee word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button