Local news

Protesaksie in Fochville ruk hande-uit

Die aksie het reeds Woensdag begin en het daartoe gelei dat inwoners van Fochville, Kokosi en Greenspark reeds vir drie dae nie krag het nie.

Die aksie het reeds Woensdag begin en het daartoe gelei dat inwoners van Fochville, Kokosi en Greenspark reeds vir drie dae nie krag het nie.

Vandag het leerders van al die skole in Kokosi hulle  ook by die aksie aangesluit. Volgens verskeie inwoners van Kokosi en Fochville met wie die Gazette se susterskoerant,, die Carlettonville Herald op die toneel gepraat het, is dit juis hierdie leerders se betrokkenheid wat tot vandag se verhoging in geweld lei.

Die polisie se openbare orde-eenheid was op die toneel  en is onder meer rookgranate gebruik  om die skare uitmekaar te probeer jaag,

Die betogers het voortdurend een van hierdie eenheid se pantservoertuie met klippe gegooi.

Daar was ook ander polisielede sowel as lede van die GPF en privaat sekuriteitsmaatskappy op die toneel.

Baie inwoners van Kokosi kan as gevolg van die probleme nie terugloop huistoe nie.
Van die betogers gooi voortdurend hierdie pantservoertuig van die polisie met klippe. Foto: Adele Louw
‘n Gemaskerde betoger in die veld naby die verkeerskantore. Foto: Adele Louw
‘n Polisielid probeer inwoners keer om nader aan ‘n area te loop waar ‘n rookgranaat kort vantevore afgegaan het. Foto: Adele Louw

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button