NewsNews

Koper kabel in erf gekry

’n Man in sy twintigerjare is Dinsdag deur die polisie in hegtenis geneem op ’n klag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom, nadat koper kabel in ’n erf gekry is. Die arrestasie is gemaak nadat inligting van ’n lid van die publiek gekry is.

Ná aanleiding van die arrestasie word weer ’n baie ernstige beroep op inwoners gedoen om asseblief enige inligting oor verdagte voorwerpe, persone of voertuie in jou omgewing sonder versuim te rapporteer by die polisiestasie by (056) 816 1516/9 of Parys Sekuriteit by (056) 817 6030 of Landelike Gemeenskap Veiligheid by 076 683 4544.
Geen inligting is ooit waardeloos nie en help om misdaad die hok te slaan wat tans kommerwekkend hoog is in Parys.
Inbrake by huise en besighede sowel as die diefstal van oorhoofse elektriese kabel is van die grootste kopsere waarmee die plaaslike polisie daagliks te doen het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button