Local news

Frustrasie met die krag Smarties: Só werk dit

8 Dinge wat jou dalk kan help om munisipale rotasie beurtkrag beter te verstaan: Wat bepaal aan en afsit tye? Aan en af sit tye word bepaal deur die las op die kragvoorsieingsnetwerk. Sodra die las hoog is, word dele afgeskakel om skade aan die Eskom transformator te voorkom. 

8 Dinge wat jou dalk kan help om munisipale rotasie beurtkrag beter te verstaan:

  1. Wat bepaal aan en afsit tye? Aan en af sit tye word bepaal deur die las op die kragvoorsieingsnetwerk. Sodra die las hoog is, word dele afgeskakel om skade aan die Eskom transformator te voorkom.

 

  1. Wat is die gevolg van oorlading van die netwerk? Oorlading van die kragvoorsieningsnetwerk het op 1 Julie maar ook in April 2022 veroorsaak dat Ngwathe die Eskom-toevoer uitgeskop het, met gevolglike skade by die substasie. Skade aan die netwerk het Ngwathe op 4 Julie 2022 meer as ‘n miljoen gekos, en ook in 2019 Parys vir dae sonder krag gelos. Sou die las op die netwerk nie beheer word nie, is die risiko  groot om weer skade aan die netwerk te kry.

 

  1. Hoekom so skiellik afsit, nie op die gegewe tye nie, of glad nie afskakel op die gegewe tye nie? Die kragverbruik vir Parys word  24 uur deur Ngwathe gemonitor. Sodra daar meer verbruik is, word die las groter, soos soggens vroeg en saans tussen 17:00 en 20:00. Dit word ook nou gesien met Eskom beurtkrag. Sodra die krag aangeskakel word na die beurtkrag-tydgleuf, is verbruik onmiddellik drasties hoër omdat almal dan krag verbruik. Dink maar aan stowe en warmwatertoestelle wat almal eensklaps aankom, waar dit andersins sonder ‘n kragonderbreking nie noodwendig op dieselfde oomblik aangeskakel sou wees nie.  Wanneer verbruik nie hoog is nie, kan dit gebeur dat dele nie afgeskakel word nie, of later as die gegewe tyd. Dit gebeur ook dat meer as een deel skiellik afgesit word wanneer verbruik gevaarlik hoog is. Wat egter duidelik is, is dat rotasie munisipale beurtkrag na alle waarskynlikheid veral nou gedurende die wintermaande gereeld en bes moontlik daagliks in Parys toegepas kan word juis om die netwerk te beskerm.  Hoe kan jy help? Wat ‘n verskil kan maak om te help om die ligte vir almal langer aan te hou, is om jou geyser af te skakel tydens beurtkrag en dan te wag voordat jy dit weer aanskakel nadat die krag na beurtkrag weer aangekom het. Geysers plaas ‘n groot las op ‘n kragnetwerk en wanneer huishoudings se geysers  gelyktydig begin krag gebruik sodra kragtoevoer herstel word, is die lading baie hoog op die netwerk. Onthou  jou geyser sal vir ‘n tyd lank water warm hou.

4. Hoekom is my krag nie af volgens die kleurkode waarin ek val nie? Daar is sedert die rotasie beurtkrag skedule opgestel is, skakelings gedoen wat veroorsaak het dat sekere adresse/gedeeltes nou in ‘n ander kleurkode mag val. Probeer die tye wanneer jou krag af is, vergelyk met die ure vir die onderskeie kleurkodes om te probeer vasstel watter kleurkode jy in val.

5. Hoekom word meer as een kleurkode saam afgeskakel? Daar is tans slegs een Eskom transformator gekoppel. Die enkele transformator kan nie die las hanteer nie. Parys se verbruik is reeds hoër as dit wat Eskom aan Ngwathe voorsien.

6. Hoekom nie vooraf waarsku nie? Omdat verbruik op gegewe tye nie vooraf bepaal kan word nie, en op kouer dae byvoorbeeld hoër is, wissel verbruik die heeltyd en kan nie vooraf gesê word of die verbruik binne die perk sal wees nie. Gevolglik word dit gemonitor en sodra dit te hoog raak, eenvoudig afgesit.

7. Wanneer moet ek kragonderbrekings rapporteer? Hou die rotasie skedule dop vir die kleurkode waarin jy val en maak seker jy weet watter tye jou krag moontlik volgens die skedule af sal wees. Sou jou krag buite hierdie gegewe tye vir jou kleurkode af wees, moet jy dit rapporteer. Onthou dat daar steeds foute op die netwerk kan kom en dat diefstal en sabotasie ook kragonderbrekings veroorsaak bo en behalwe beurtkrag.

8. Waar rapporteer ek kragonderbrekings:

(056) 816 2700

(056) 811 5834

082 909 3464

Related Articles

Back to top button