Wintertyd ideaal vir sterrekyk
Met die koms van die winter begin die sterrekykseisoen. Soos die weer dit toelaat, sal daar weer elke maand met nuwemaan ´n sterrekykuitstappie by Deelfontein se sterrewag aangebied word.
Op Saterdag, 20 Mei vind die eerste aanbieding plaas.
Dit begin soos altyd in die seminaarkamer langs die sterrewag, om interessante inligting en basiese agtergrond tot die planeet- en sterrebewegings te gee. Daarna kry almal geleentheid om deur die teleskope na die mooiste objekte wat tans in die naghemel sigbaar is, te kyk. Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika lei die geleentheid. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon.
Die aanbieding begin op Saterdagaand 20 Mei om 19:00, en eindig gewoonlik tussen 9 en 10 uur. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie. Padaanwysings na Deelfontein en die koste is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Die rit van Parys duur ongeveer 25 minute en van Potchefstroom neem dit 50 minute. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of stuur e-pos na gerhard@deelfontein.co.za.
Indien bewolkte weer dreig, sal ´n aankondiging of die uitstappie voortgaan op Deelfontein se webwerf gepubliseer word.



