Local news

Soveel het dit gereën

Maak jou maar reg vir 'n baie koue naweek

Parys het ‘n sopnat en koue naweek gehad . Temperature vir die res van die week is ook in die lae twintigs met ysige temperature van onder 20 grade maksimum wat vir die komende naweek voorspel word.

Parys se reënvalsyfer vir Mei tot vanoggend om 08:00 staan reeds op 42mm. Maar dit is nie ongewoon om reën in Mei in Parys te kry nie. Verlede jaar is in totaal vir Mei 46mm reën in die dorp gemeet

So lyk ons reënvalsyfer sover vir die jaar:

April – 39mm

Maart – 56mm

Februarie – 278 mm

Januarie – 18mm

Desember – 240mm

Wintertyd is kosmos-tyd ook in die Parys-omgewing. Die uitsonderlike mooi kosmos-foto is geneem  langs die Vredefort-pad deur Ferdie Jordaan, ‘n inwoner van Parys.  Ferdie het die foto laatmiddag afgeneem vir die beste effek. Kosmos is ‘n uitheemse plant en is gelys as ‘n uitheemse indringer. Saaiboere beskou dit as ‘n pes in mielielande.  Sy  botaniese naam is Cosmos bipinnatus. Die plant se oorsprong is waarskynlik Mexico.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button