Laaste dag vir aanlynpetisie oor water
Die aanlynpetisie is begin as die gemeenskap se stem oor droë krane. Die petisie sal op 12 Mei aan die Ngwathe munisipaliteit oorhandig word.
Vandag, Sondag 7 Mei, is die laaste dag wat mense uit die gemeenskap van Parys, Tumahole en Schonkenville die aanlynpetisievorm oor watervoorsiening deur die Ngwathe Munisipaliteit kan teken.
Daar was met die skryf van hierdie berig reeds 6 000 handtekeninge in totaal op Save Ngwathe se gedrukte en elektroniese kopieë van die petisievorm getel waarin die gemeenskap hul stem kon laat hoor oor gebrekkige watervoorsiening.
Save Ngwathe sê al die petisievorms sal Maandag 8 Mei versamel en getel word.
In die memorandum wat die petisievorm vergesel, word pertinent vrae gevra oor die beloofde noodkragopwekker vir die dorp se watersuiweringsaanleg, asook die tydsraamwerk vir die daarstel van ‘n direkte kraglyn na die waterwerke.
Save Ngwathe het met die verspreiding van die petisievorm vroeër in April, ‘n ernstige beroep op inwoners, besighede en selfs besoekers aan gastehuise wat deur die waterkrisis geraak word gedoen om die vorm in te vul.
Daar is geen ouderdomsbeperking vir mense om die petisievorm te onderteken nie.
Hier is die inhoud van die memorandum wat die petisievorms vergesel:
Die digitale skakel vir die aanlyn petisievorm is https://forms.gle/xLxPTGRLtZHtenSh9
Naas die digitale platform is petisievorms by die volgende besighede in die dorp beskikbaar.