Nuwe begroting sloer steeds
Volgens wet moet Ngwathe munisipaliteit se 2016/17 begroting op 1 Julie in werking tree, maar teen vanoggend was die konsep-begroting nog nie deur die Begrotingskomitee bespreek en goedgekeur nie. Gazette het reeds berig oor die herhaaldelike foute en weglatings (Gazette, 2 en 9 Junie) in vorige konsepte.

Sowel die Raad as die Provinsiale Tesourie het die vorige pogings as heeltemaal ontoereikend verwerp, en dit terugverwys sodat amptenare dit in sy geheel kon hersien en korrigeer. As die Begrotingskomitee vandeesweek die jongste poging goedkeur, moet dit nog deur die vol Raad bespreek en aanvaar word.
Die Raad moes intussen die provinsie spesiaal versoek om uitstel. Amptenare is opdrag gegee om “binne sewe werksdae” ’n volledige en aanvaarbare begroting te finaliseer, vir bespreking en hopelike goedkeuring deur die Begrotingkomitee.
Een van die talle probleme met die konsep-begrotings was blykbaar dat amptenare herhaaldelik die verwagte munisipale inkomste totaal oorskat het. “Beraamde uitgawes sou beslis nie daaruit gefinansier kon word nie,” sê Rdl Phillip van der Merwe (VF+).
Sowel hy as die DA het vroeër daarop aangedring dat “korrek en haalbaar” begroot word, ook vir Ngwathe se enorme agterstallige Eskom-rekening (nou meer as R500m). Rdl Van der Merwe sê rente aan Eskom (tans reeds rondom R 6m per maand) was wel in die konsepte voorsien, “maar hoegenaamd niks om die agterstallige hoofsom van honderde miljoene rand te begin delg nie