News

R7,8 miljoen se onwettige sigarette gekry

Knap opvolgwerk lei tot groot deurbraak en arrestasie

Een van die grootse deurbrake nog in onwettige sigarethandel is vandag gemaak toe die Valke in Noordwes in samewerking met beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens  en Matla Private Investigators beslag gelê het op 500 bokse met 50 kartondose onwettige sigarette elk daarin. Die sigarette het ‘n totale geraamde waarde van R7,8 miljoen.

 

Die bokse was versteek in ‘n gastenkwa wat op die R500 tussen Parys en Fochville  beweeg het. ‘n Zimbabwiese burger is gearresteer, maar word leidrade opgevolg oor nog vragmotors vir moontlike arrestasies. Die saak word nou deur die Valke ondersoek.

DIe deurbraak het gevolg na uitstekende werk deur Matla Private Investigators

Die man wat gearresteer is sal Vrydag voor die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

Related Articles

Back to top button