News

Dié Sassa kaarte kan nog gebruik word

Tydperk vir geldigheid van kaarte verleng

Sassa-begunstigdes wat hul toelae met die goue kaart van Sassa en Postbank kry, sal dié kaarte tot aan die einde van Desember kan gebruik.  Baie van die kaarte verval einde Junie.  Die Betalingsvereniging van Suid-Afrika (Pasa) het die geldigheid van dié Sassa-kaarte nou tot einde Desember verleng.

Die kaarte sal dus steeds tot dan by poskantore en Sassa-betaalpunte, sowel as by winkels se verkooppunte en kitsbanke gebruik kan word om toelaes te onttrek.

‘n Nuwe Postbank-kaart sal voor einde Desember bekend gestel word en mense sal kennisgewings kry van waar hulle de nuwe kaarte moet gaan haal. Die kaartlose Postbank-metode om toelaes te ontvang by deelnemende winkels geld ook steeds.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button