Dalk bly die perdekar tog maar die goedkoopste opsie en waar anders as net in Parys, sal jy nog dié gesig sien van 'n perdekar wat kom wind soek vir die wiele.
Van môre Woensdag 3 Mei, sal diesel met ‘n 0,05% swaelinhoud jou 74 sent per liter goedkoper kos, en diesel met ‘n 0.005% swaelinhoud 48 sent per liter goedkoper. Daar is ook groot verligting in gaspryse veral met die winter wat voorlê. Gaspryse word R4,44 per kilogram goedkoper. Paraffien se prys word met 33 sent per liter goedkoper.
Die petrolrys styg egter vir alle grade met 37 sent per liter.
Dalk bly die perdekar tog maar die goedkoopste opsie en waar anders as net in Parys, sal jy nog dié gesig sien van ‘n perdekar wat kom wind soek vir die wiele.
Die verandering in brandstofpryse tree vandag om middernag in werking.
Vir boere, kosvervaardigers en die kleinhandel is die daling in die dieselprys veral goeie nuus gegewe beurtkrag, en is die hoop dat die prysdaling ook sal deursyfer na die hele ekonomie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.