Local news

Ons kan mos doen met dié miljoen

Parys het JOU stem NOU nodig. Al wat jy moet doen is om die woord Parys te sms na 33157.

Parys is weer vanjaar deur die beoordelaars van die Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie aangewys as een van die drie dorpe in die Vrystaat-streek met die meeste benoemings vir die semi-finale rondte van die kompetisie. Saam met Parys, sal Sasolburg en Clarens meeding om die wenkroon vir die Vrystaat.

Sou Parys wen wag daar ‘n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde vir die dorp, en met dié advertensiewaarde kan dit help om selfs meer besoekers na die dorp te lok. ‘n Hele 45 sekonde advertensie oor die dorp gemaak deur Homebrew Films wat op kykNet uitgesaai sal word. Dink net hoeveel voete dit vir besighede in Parys kan bring wat suiwer afhanklik is van toerisme as inkomste-bron.

Maar wag hier is nog…

Daar is ook die groot makietie feesviering en musiekkonsert wat in die wendorp gehou word…. en lees mooi – R1 miljoen in kontant om die dorp te verbeter en te verfraai.

Dit danksy Lottoland wat ‘n miljoen vir die wendorp bewillig. Die nege finalisdorpe sal gevra word om besigheidsplanne in te dien met ‘n begroting van hoe hulle die prysgeld wil spandeer. Dit sal dan aan die komitee of kontakpersone wat die veldtog in die dorp dryf, betaal word. MooiParys dryf tans die veldtog vir Parys, en sal die geld nie aan die munisipaliteit oorbetaal word nie.

Die proses om ‘n spesifieke projek daarmee vir die dorp aan te pak, sal deeglik geoudit word en deurgesien word tot die projek suksesvol afgehandel is.
Kwêla sal kykers op hoogte hou van wat die Wendorp met hul R1 miljoen kontant doen om die dorp te verbeter.


Kan jy dink hoeveel ‘n miljoen vir Parys kan beteken. Hoeveel slaggate reggemaak kan word, parke verfraai kan word…. die lys van idees is eindeloos.

Hoe stem jy?

Jy het net tyd tot Vrydag 5 Mei om 12:00 om te stem. Al wat jy moet doen is om die woord Parys te sms na 33157.
Dertig stemme per SMS-nommer word toegelaat. Die koste is R1,50 per SMS.
Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.

Onthou die toekenning as Dorp van die Jaar gaan nie oor munisipale dienslewering nie. Dit gaan oor wat die dorp uniek maak, die mooi van die dorp en dit wat Parys besoekers bied.

Lees ook

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/84000/dit-is-hoekom-parys-n-wendorp-is-n-dorp-wat-sy-besoekers-met-ope-arms-omhels/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button