
Ons almal het ons helde in die lewe
en soms voor ons een kry
moet jy eers strewe.
Maar ‘n pa is daar deur dik en dun.
Deur vuur en vlam
en as jy iemand nodig het om jou vas te druk.
Daaom vier ons Vadersdag
Elke mooi dag is is ‘n
herinnering aan Vadersdag.
Soos daardie eerste dag toe
hy jou leer fiets ry.
En vir jou sê my kind
Nou is dit tyd dat jy jou
op jou eie moet ry
en jou vlerke moet sprei.
Die dag toe jy sy knieë
vir die eerste keer uitsmeer
En hy vir jou sê jou klein
handjies begin vinnig leer.
Toe jy die eerste keer skool toe gaan
Toe sê hy vir jou gaan met die sterre
en die maan.
Terwyl jy by die skool was, was jy vreeslig bang
maar liewe pappe by die huis het jou verskriklik verlang.
‘n Vader se liefde is kosbaar
Want al wat hulle die meeste wil doen
is hulle families bewaar.
ons beteken vir hulle die hele aarde
Want sonder ons het hulle liefde
geen waarde
Hulle goedheid is die rede
hoekom ons elke dag glimlag.
Hulle beskerm ons tog
maar almal met dieselfde krag.
‘n Vader uit ‘n miljoen.



